Ek het die volgende great deeltjie raakgelees op www.sg.org.za – Stellenbosch Gemeente se webblad en dit het my laat terugdink aan hoe ons kerk hier doen!!
Ek plaas so min Afrikaans op my blog omdat dit deur soveel Engelse lesers gelees word, maar ek kon nie help om die stukkie te plaas wat deur Dr. Theo Geyser geskryf is nie. Enjoy!!
HOE LYK DIE REGTE KERK?
In die 2de eeu ná Christus het gelowiges se lewens aan ’n draadjie gehang, sê Joubert. Hulle kon kerkwees nie formaliseer nie.
Hulle moes teologie on the run doen.
Toe was die kerk nie ’n institusie nie – dit was ’n beweging.Iets daarvan hoor ’n mens terug as Niemandt sê in die emerging church, of ontluikende kerk, is die kerkverband onbelangrik. Die mense is post-denominasioneel.’n Koninkryksteologie is deel van dié beweging se DNS.
Jesus is hoof van die kerk.
Daar is nie hiërargieë nie en leiers beklee nie hoë ampte nie.
Joubert het dit teen die “drie goor G’s” wat so belangrik vir baie kerke geword het: geboue, getalle en geld. Dít was nie aan die begin deel van kerkwees nie.Hy verwys na ’n koerantberig oor ’n kerk wat afgebrand het.Nee, sê hy, dis nie die kerk afgebrand het nie, dis ’n gebou wat afgebrand het. Die kerk kom nie tot ’n einde as hy ’n gebou verloor nie. Die kerkgebou, sê Joubert, is net die gim.
Die speelveld is die lewe daarbuite. En dis nie genoeg om net te gim en nooit op die speelveld te kom nie.Dié gedagtes eggo in Niemandt se verduideliking dat die ontluikende kerk nie onderskei tussen die kerk en die sekulêre nie.
Die kerk is nie wat op Sondag gebeur nie. Die gemeente is gerig op wat jy 24 uur per dag uitleef.
As jy nie kerk toe kom nie, is dit nie die ergste nie. Wat belangrik is, is dat jy verskil maak aan die wêreld daarbuite.
Hulle meet ’n kerk aan die impak wat dit op die gemeenskap het.Joubert wys ook daarop dat die vroeë kerk nie ’n rusdag gehad het nie. Hulle moes Sondae voor sonop of ná sononder byeenkom.
’n Vraag soos of winkels op ’n Sondag mag oop wees, het nie vir hulle bestaan nie.
